Wortelkoek
Uiteindelik het ek 'n resep wat lekker smaak, nie uitmekaar val nie, en ook nie soos 'n walvis lyk wat kots nie...
Vir 'n gewone ronde koek (eenmaal deurgesny):
3 eiers
3/4 k karringmelk
3/4 k olie en appelsap (1:1 gemeng)
1 k suiker
2 t vanielje
2 t gemaalde kaneel
1/4 t sout
2 k meel
2 t koeksoda
3 k gerasperde wortels
1 k kokos gerasper
gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 k okkerneute/pekanneute - gebreek
versiering:
300 g roomkaas
250 g versiersuiker
gerasperde skil van 1 suurlemoen
uitgedrukte sap van 1/2 suurlemoen
1. Smeer 'n ronde koekpan (die wat losklap werk goed)
2. Oond by 175 grade C.
3. Meng eiers, karringmelk, olie/sap mengsel, suiker en vanielje.
4. Sif saam kaneel, sout, meel en koeksoda.
5. Meng meel mengsel by eiermengsel.
6. Vou die groente mengsel in.
7. Bak vir 1 h by 175 grade C.
8. Maar versiering: klits bestanddele saam en verkoel in yskas.
9. Laat die koek afkoel in pan vir sowat 10 min. Haal versigtig uit en laat verder afkoel.
10. Sny eenmaal deur en versier die tussen laag en boonste laag. (laat die ekstra versiering sommer so effe teen die kante afloop.

Comments
Post a Comment