Macarons
Met Kersfees wat nader kom het ek gedink om 'n paar macarons weer te probeer maak - die laaste keer of twee het dit nie so goed gewerk nie. 'n Resep van een of ander tannie in die internet
https://www.franzoesischkochen.de/macarons-mein-rezept/ het baie lekker gewerk.
Voorbereiding: 15 min
Bak: 15 min
Afkoel: 15 min
Vulsel: 10 min
Sowat 12 toegeplakte macarons
Buitekante:
45 g fyngemaalde amandels70 g versiersuiker
1 eierwit
10 g strooisuiker
Voedelkleursel (poeier of pasta, nie vloeistof nie!)
1. Meng die amandel meel en versiersuiker goed - beste is as mens op ou-end deur 'n sif druk sodat dit baie fein is.
2. In 'n ander bak, klits die eierwit tot skuim, en voeg dan die strooisuiker by. Hou aan klits totdat dit 'n wit stywe punt maak, effe glasig. Voeg dan die voedselkleursel by en klits tot dit goed gemeng is.
3. Voeg (vou) dan die amandel mengsel saggies in by die eierwit - nie alles tegelyk, sowat 2 of 3 sarsies werk goed.
4. Skep dit in 'n ziplock sakkie en sluit die sakkie, maak 'n gaatjie in die onderkant sowat 1cm breed. Spuit die mengsel in ronde blertse op 'n bakplaat met bakpapier (of 'n properse macaron mat). Probeer dit nie te hoog maak nie en ook dat almal min of meer dieselfde grootte het.

5. Laat dit rus vir 20 - 30 min. Skakel solank oond aan by 145 grade Celsius, met bo en onder elemente (nie met 'n waaier nie).
7. Laat dit afkoel.
8. Haal dit versigtig vanaf die bakpapier en pas soortgelyke grootte halwes bymekaar. Smeer dan 'n vulsel nie te dik daartussen, en wees versigtig om dit vas te druk op mekaar - die spasie tussen die blaas bo-op en die bobbelrige voet-stuk is basies leeg en breek sommer gou.
Vulsel
Meeste dinge werk goed met 'n bietjie konfeit en wit gesmelte sjokolade, of warm room. Een wat hier goed gewerk het, was twee blokke (50g) melksjokolade plus 10 ml room en 'n bietjie bourbon Vanielje.
Witsjokolade met bietjie room en fein pastachio neute werk ook baie mooi.
Hou dit in die yskas in 'n lugdigte houer, en eet sommer gou - veral vir ontbyt!




Comments
Post a Comment