Ma se roomys
1 blik ideal melk
1 blik kondensmelk
1 koppie room
maak seker die room en ideal melk was oornag in yskas.
1. klop die ideal melk tot skuim.
2. voeg stadig die kondensmelk by terwyl geklits word.
3. klop die room tot styf.
4. vou die room in die ideal melk/kondensmelk mengsel.
5. vries tot effe styf.
6. haal uit vrieskas en klop weer.
7. vries dan tot hard.
*amarene kersies of bourbon vanilla is baie lekker daarby.
Comments
Post a Comment