pain de mie - baguette de décision
So in die lyn van die kamma Frans wat ek deesdae probeer leer - hoofsaaklik omdat dit vir my mooi is en ook omdat ek nog voor ek waai hier in Europa Frankryk toe wil gaan om te leer kook en bak, het ek gedink ek sal my hand waag aan 'n baguette.
Dis wat ek gedoen het:
500 g meel
~ 400 ml louwarm water
halwe blokkie gis in bietjie van die water opgelos
2 teelepels sout
2 eetlepes suiker
die spul is so effe nat/taai maar dit moet wel so vorder dat mens dit effe kan knie.
Ek het dit lat rys vir sowat 30 min. met die vars gis blokkies rys dit bietjei vinniger.
Die word nou afgeknie - oppas - dis steeds bietjie nat. As dit lekker deurgeknie is, breek ek dit in 5 stukke en rol dit langwerpig en sit op meelgestrooide bakplaat (myne het gaatjies in).
Dit rys dan weer vir ~ 15 -30 min - hou dit maar dop. Moet sowat dubbeld in grootte word.
Maak nou die snytjies bo-op. ek hou daarvan nie te diep nie vir 'n toebroodjie, maar vir regte baguette soos Dottie sal weet moet eintlik geknip word met 'n sker dat dit sulke groot oop stukke maak.
Dan druk ek dit in 'n warm oond (220 grade C) vir ~ 15 min. Belangrik!!!: sit 'n houer water in die oond - die stoom is wat die baguette sy karakterestieke tekstuur gee blykbaar....
... sal weer hierdie reseppie besoek en opgradeer indien nodig na my trippie in die Suide van Frankryk as dit gebeur
:-)

Dis wat ek gedoen het:
500 g meel
~ 400 ml louwarm water
halwe blokkie gis in bietjie van die water opgelos
2 teelepels sout
2 eetlepes suiker
die spul is so effe nat/taai maar dit moet wel so vorder dat mens dit effe kan knie.
Ek het dit lat rys vir sowat 30 min. met die vars gis blokkies rys dit bietjei vinniger.
Die word nou afgeknie - oppas - dis steeds bietjie nat. As dit lekker deurgeknie is, breek ek dit in 5 stukke en rol dit langwerpig en sit op meelgestrooide bakplaat (myne het gaatjies in).
Dit rys dan weer vir ~ 15 -30 min - hou dit maar dop. Moet sowat dubbeld in grootte word.
Maak nou die snytjies bo-op. ek hou daarvan nie te diep nie vir 'n toebroodjie, maar vir regte baguette soos Dottie sal weet moet eintlik geknip word met 'n sker dat dit sulke groot oop stukke maak.
Dan druk ek dit in 'n warm oond (220 grade C) vir ~ 15 min. Belangrik!!!: sit 'n houer water in die oond - die stoom is wat die baguette sy karakterestieke tekstuur gee blykbaar....
:-)
Comments
Post a Comment