eenvoudige lensie avo slaai
http://huiskok.wordpress.com/
gekwoteer hier:
gekwoteer hier:
Jy’t nodig:
100 g bruin lensies
½ koolkop (Savoy-kool as jy kan kry), harde stronk uitgesny
2 avokados
Slaaisous:
Sap van ½ suurlemoen
60 ml fyn olyfolie
7,5 ml Engelse mosterd
3 ml suiker
Sit die lensies in ‘n kastrol met genoeg koue water om dit te bedek – onthou geen sout nie. Laat die lensies vir ‘n minuut sterk kook en dreineer dan. Sit dit nou terug in die kastol en bedek met 1 cm water. Jy kan ook ‘n knoffelhuisie, lourierblaar en selfs pietersieliestingels bysit, maar weereens – GEEN SOUT NIE. Kook dit nou stadig vir 25 minute tot net sag, maar nie pap nie. Dreineer dit (moenie afspoel onder koue water nie, die lensies moet steeds warm wees vir die volgende stap).
Terwyl die lensies kook, maak jy gou die slaaisousie deur die suurlemoensap, olyfolie, mostermd, suiker, sout en peper in ‘n glasflessie saam te skud. Gooi 1 eetlepel van die slaaisous oor die gedreineerde, warm lensies.
Blanseer repies kool in vinnig kokkende soutwater vir niks langer as ‘n minuut nie. Spoel dit af onder lopende water in ‘n vergietes en dreineer dan goed. Ek vind dat ‘n slaaispinner dit die beste doen.
Avokados: Sny in 2-3 cm blokkies, kombineer liggies met die lensies en kool en giet die slaaisous oor.
Wenke: jy kan die kool vervang met cos-slaaiblare of ‘butter lettuce’ – maar dan hoef dit nie gekook te word nie. As variasies kan jy brosgebraaide ontbytspek oorsprinkel.
Comments
Post a Comment