mauerweg Suid
OK, so na laas week se insiggewende uitstappie, vat ek toe vandag die pad suid vanaf Hauptbahnhof... ek't aan't stap gegaan en toe besef ek weet egter nie waar die muur geloop het suid van die stasie nie. opppad Brandenburger Tor toe het ek gedink dit sal daar erens moet deurgaan.
vandag was ook natuurlik stemdag hier... so dit was vol mense toe ek verby die reichstag gestap het. ...en ek wil amper dink dalk meer kamera's as mense....
vanaf die reichstag is ek toe oppad Brandenburger Tor toe:
daar was 'n goeie foto op om te wys presies waar die muur hom begewe het: aan die perde se boude se kant
in die voorgrond op hierdie foto sien mens waar die muur geloop het, en volgende foto wys dit steeds soos wat die spoor van die muur deur die stad vandag nog loop. die tweede foto is vandag geneem.
en hoe dit vandag lyk:
Comments
Post a Comment