Carbonara

OK so as 'n karoo-muis probeer kosmaak anders as rys, vleis en aartappels, dan kan dit gevaarlik wees...
...op Paas Sondag het Filippo 'n egte Carbonara gemaak -hmmmm was van die lekkerste wat ek nog pasta geproe het! Natuurlik het die spek (...oooo, djy meen bacon...) van die slagter in Napoli gekom.
Iedergeval - het wel dit aangepak vanmiddag nadat ek uiters beindruk met myself oor my R-graphs (na 3 dae se probeer) wat uiteindelik reg is, gedink het nou kan ek selfs moeilike goed in die kombuis probeer! :-/

So, 'n Carbonara is pasta met eier en een of ander vetterige gerookte vark wat klein gesny is, en peper. Dit word gewoonlik met Spagetti gemaak, maar kan ook ander pasta gebruik - vandag was dit wel spagetti. Die word gekook, vinnig met olie en sout. Terwyl dit kook, braai mens die "beacon" effe. Dit moet klein stukkies wees. En terwyl dit braai, kan mens die eiers regkry... dis die triekie deel: sowat 1-2 eiers en dan nog een eier per porsie word geklits en dan een of ander harde kaas bv. percorino, grana of so wat fyn gerasper is bygevoeg. En Peper.
As die pasta klaar gekook is (al dente), word die pasta in pan gegooi - die bietjie water wat nog daar is, vorm tesame met die eier (AS dit reg gedoen word) 'n romerige sous. Die kuns is egter nou om die eier baie stadig by te voeg en vinnig die pasta te roer solank. Wanneer die vark bygevoeg word maak nie veel saak nie dink ek - maar ek dink dis beter om dit van die begin af by te he (dws hou sommer die vark in die pan, voeg die pasta daarop en dan voeg die eier mengsel by).

Comments

Popular Posts