lente 2013

Lente
well ekt gedink ek moet dalk ietsie neerpen oor die onderwerp spesifiek vir lente 2013...

...so lyk dit:







en sommige van die bedrywighede wat lente tyd meedoen is bv om behoorlik skoon te maak - o a vensters te was. nou ja eerste les - hier gebruik ons dubbele ruite - so daai sakie wat ek in die strand gebruik het met 'n magneet en dan was jy sommer beide kante van die ruit... nee wat werk natuurlik nie. tweedens, selfs onder die optiese illusie dat dit lente is, en mens wakker word met vogeltjies wat sing, beteken dit nie mens kan ruite was nie...
...toe ek die buitenste deel van die ruite was, toe vries die water op die glas voordat ek dit kan "afskraap". grappig! (en nou moet ek ek weer ruite was een of ander tyd...)

nog 'n sakie wat onwillekeurig gebeur tydens lente is om allerhande kruie en goete te saai.... well ek is mos geseend met 'n kraaines van glas dus kan mens saai, selfs al lyk dit so buite op die balkon (ek wil net weer eens alle lesers daarop let dat dit nou die laaste week van MAART is!!)
terug by die tuinmaak - hoe grappig is dit - mens koop by die plaaslike kos winkel 'n pakkie saad... en wanneer jy dit oopmaak is daar sowat 3 sade ingepak in nog 'n koevertjie en 'n ewige merkertjie. verby is die dae van "ek wonder wat het ek daar geplan" - nou skandeer jy 'n blokkie (met baie blokkies op) met jou slimfoon en die vertel dan sommer vir jou wat jy geplant het, hoe om dit nat te maak ens.

dan natuurlik, as mens daaraan dink dat die Skollie nou ook 'n epos adres het (en dit selfs gebruik)... ...mens kan se^

                      ######   it's a brave new world!   ######

Comments

Popular Posts