Braai v2
So, laas week het ek besluit - eintlik net wakker geword en geweet - die einde van Berlyn winter het aangebreek. Daarmee meen ek glad nie dat dit nie nog koud is nie, maar wel dat iets verander het en nou is daar weer lig aan die einde van die tonnel.
Dus, die resultaat was dat 'n braaidrom op my gespring het Saterdag. Laat ek eers bietjie verduidelik - kort na ek in Berlyn aangekom het, het die winter ook eenkeer opgehou. Dit was Paasnaweek 2011, Caroline en Daniel was hier en het aangedring op braai... ons het inderhaas 'n braaidrommetjie gaan koop in Globetrotter. Hierdie was egter 'n soortvan kamp drommetjie - nie regtig om te braai op die (effe-) langer duur nie...
...nou ja terug by vanjaar. En die braaidrom wat spring.
Met Erica hier en ek besluit daar moet gebraai word. Wel, tot sowat 'n week gelede kon mens nerens hier braai kole vind nie (vergeet maar van hout). Toe ek Saterdag in alle desperaatheid Bauhaus (een van my gunsteling plekke - dis soos Spannerville in 'n tuin met 'n seilboot op loop) toe gaan om kole te gaan soek, sien ek toe daar 'n lekker Weber wat hulle wil verkoop - en 'n Weber wat ek wil koop.
(en ek kan nie help om te noem teen minder as halfpreis nie :-D )
Nouja. Die braaidrom is uiteindelik aanmekaargesit
en Laura laat weet hulle kom ook oor. Wel sy het die vorige dag 'n stuk vel gekry...
... mens vel en het probeer oor tyd om die selle te laat loskom vir 'n eksperiment wat sy wil doen....
...die gevolg is dat sy nie vleis eet vir 'n dag of twee nie...
...en eerstens is Germaanland nie 'n plek vir nie-vleiseters nie en tweedens is Germaanland nie 'n plek vir "braai enigiets wat te ete is" nie... dws WAT BRAAI ONS?
twee groente frikadelle en spul hoender. en natuulik BRAAIBROODJIES - kaas tamatie uie en mrs Ball's!
well die hoender was toe nogal lekker. en die braaibroodjies ook. ...nadat ek dit in die oond se grill moes klaar"braai"...
Les 3: as dit so koud is, dan brand die kole vinniger uit en kry mens nie klaargebraai nie.
Les 4: as jy op 'n Weber braai dan kan jy nie die vleis laer sit aan die kole nie... so hoog soos dit is, so hoog is dit.

dws natuurlik daar moes 'n Les 1 en 2 ook gewees het:
Les 1: mens moet 'n ordenlike slagter vind en as jy steaks wil eet, met jy dit as hompe vleis koop en dan sny en braai. Wat hulle ken en verkoop as steak hier is meer van 'n nog dunner schnitzel sonder die krummels.
Les 2: kole is nie beskikbaar om te koop enige tyd na die jaar nie - so stock op voor die winter sodat mens kan braai wanneer mens moet braai (amper soos tan, Chrismari... ;-) ).
Dus, die resultaat was dat 'n braaidrom op my gespring het Saterdag. Laat ek eers bietjie verduidelik - kort na ek in Berlyn aangekom het, het die winter ook eenkeer opgehou. Dit was Paasnaweek 2011, Caroline en Daniel was hier en het aangedring op braai... ons het inderhaas 'n braaidrommetjie gaan koop in Globetrotter. Hierdie was egter 'n soortvan kamp drommetjie - nie regtig om te braai op die (effe-) langer duur nie...
...nou ja terug by vanjaar. En die braaidrom wat spring.
(en ek kan nie help om te noem teen minder as halfpreis nie :-D )
Nouja. Die braaidrom is uiteindelik aanmekaargesit
en Laura laat weet hulle kom ook oor. Wel sy het die vorige dag 'n stuk vel gekry...
... mens vel en het probeer oor tyd om die selle te laat loskom vir 'n eksperiment wat sy wil doen....
...die gevolg is dat sy nie vleis eet vir 'n dag of twee nie...
twee groente frikadelle en spul hoender. en natuulik BRAAIBROODJIES - kaas tamatie uie en mrs Ball's!
well die hoender was toe nogal lekker. en die braaibroodjies ook. ...nadat ek dit in die oond se grill moes klaar"braai"...
Les 3: as dit so koud is, dan brand die kole vinniger uit en kry mens nie klaargebraai nie.
Les 4: as jy op 'n Weber braai dan kan jy nie die vleis laer sit aan die kole nie... so hoog soos dit is, so hoog is dit.
dws natuurlik daar moes 'n Les 1 en 2 ook gewees het:
Les 1: mens moet 'n ordenlike slagter vind en as jy steaks wil eet, met jy dit as hompe vleis koop en dan sny en braai. Wat hulle ken en verkoop as steak hier is meer van 'n nog dunner schnitzel sonder die krummels.
Les 2: kole is nie beskikbaar om te koop enige tyd na die jaar nie - so stock op voor die winter sodat mens kan braai wanneer mens moet braai (amper soos tan, Chrismari... ;-) ).
Comments
Post a Comment