appeltert - karoo style
dis nog 'n kollega se verjaarsdag die week en ipv my standaard sjokolade koek dog ek dis dalk tyd vir iets anders... mens moet hierdie nasie se mense stadig gewoondmaak aan ordentlike kos... amper soos vir my pa aan verandering :-)
hierdie is my ma se resep - in haar woorde hoewel ek so effe moes redigeer :-)
4 eier
2 k suiker
Room dit in kenwood vir ~15 min
1/2 k melk en 1/2 k water en 4 el Olie
Kook dit en laat afkoel
2 k meel
1/2 t sout
3 t bakpoeier
sif dit saam en gooi dan in by die eier en suiker mengsel (ek kon nog nooit verstaan het die belang van sif die stuff nie - dink nie ekt al ooit 'n sif besit nie...)
Gooi nou die afgekoelde melk by die mengsel en moet nie te veel klits nie
Gooi in n gesmeerde groot bakpan of 2 kleiner en dan pak jy die appels wat gekook en sag is daarop. "Bak in oond 180 grade C tot dit nie met die mes se punt getoets is dat die deeg nie vassit nie om en by 30 na 40 min " (ala CWE)
Kook in kastrol:
Ingedampte melk
3 t margarine
2 k suiker
kook tot dit dik of liewer taai is seker so 8 min. "Gooi karamel essens by en bietjie brandewyn teelepel".
Gooi die stroop warm kokend oor die tert as dit uit die oond kom
Jy kan ook houer room en kop melk neem as jy nie ingedampte metlk het nie
"Of jy neem 4elepels Margarine en gooi 2 kop suiker en karameliseer en gooi dan 2 kop melk satadig by en dan kook jy dit vir 5 min"
et voila!
hierdie is my ma se resep - in haar woorde hoewel ek so effe moes redigeer :-)
4 eier
2 k suiker
Room dit in kenwood vir ~15 min
1/2 k melk en 1/2 k water en 4 el Olie
Kook dit en laat afkoel
2 k meel
1/2 t sout
3 t bakpoeier
sif dit saam en gooi dan in by die eier en suiker mengsel (ek kon nog nooit verstaan het die belang van sif die stuff nie - dink nie ekt al ooit 'n sif besit nie...)
Gooi nou die afgekoelde melk by die mengsel en moet nie te veel klits nie
Kook in kastrol:
Ingedampte melk
3 t margarine
2 k suiker
kook tot dit dik of liewer taai is seker so 8 min. "Gooi karamel essens by en bietjie brandewyn teelepel".
Gooi die stroop warm kokend oor die tert as dit uit die oond kom
Jy kan ook houer room en kop melk neem as jy nie ingedampte metlk het nie
"Of jy neem 4elepels Margarine en gooi 2 kop suiker en karameliseer en gooi dan 2 kop melk satadig by en dan kook jy dit vir 5 min"
et voila!
Comments
Post a Comment