Pantoffel brood
nou ja - hierdie was ook 'n verwysing deur mrs Dottie - so paar jaar gelede al.
Sarie het in hul Mannekos op 'n keer 'n resep vir Ciabatta gepubliseer
http://www.sarie.com/kos/resepte/ciabatta-sonder-moeite, en Johnny het daar in die Strand aangekom so opgewonde daaroor soos asof hy 'n nuwe stelletjie speelgoed-treintjie-met-spore gekry het.
Die Sarie-perd beskryf dit as 'n italiaanse brood wat soos 'n pantoffel lyk :-)
net vir ingeval sarie op 'n dag besluit om hul server op te eet, hier is die protokol vir die pantoffel saak:
500g koekmeel
500ml water
1 pakkie (10 g) kitsgis
10g sout
ekstra meel vir sif
Verhit jou oond tot 220ºC.
Gooi al die bestanddele in die bak van 'n elektriese menger.
As daar nie son is nie, en verhitting nie aan is nie... skakel die oond aan vir ~ 5 min @ 50 degC en skakel dit dan af... teen die tyd wat die deeg moet rys, is dit net lekker reg.
Gebruik die mengspaan (K-beater) en meng die beslag sowat 10 - 12 minute op volspoed totdat dit 'n bal vorm in die middel van die menger.
Los beslag in bak en maak toe met kleefplastiek. Laat rys op 'n warm plek tot dubbel die volume vir sowat 30 minute. Sif 'n dik laag meel op 'n bakplaat wat gespuit is met kleefwerende kossproei.
Keer deeg versigtig op die bakplaat uit. Vorm die deeg met jou vingerpunte in 'n langwerpige brood.
Plaas dadelik in die oond en bak vir 20 - 25 minute of tot goudbruin en gaar.
Wenk: Die deeg is baie loperig - jy kan dit nie met jou hande knie nie.
Comments
Post a Comment