Pachtersweg

Weereens was ek bevoorreg om 'n draai te maak by die Houthuyse aan Pachtersweg.

Vrydagaand het Erica en Tannie Pat en Ouma Maria vir ons baie lekker witloof gemaak met mash en Siona se appel poeding-tert.
Saterdag was dit die groot bakdag - ons het begin met beskuit en toe het Tannie Pat my leer Mayonnaise maak:

3 eiers
2 t mosterd
sout en peper
2 eetlepels asyn
3 eetlepels olie
meng met tzzzt masjientjie - sowat 30 sek.
meng by sowat 2 k olie baie stadig.




Pizza was vir aanete.
Sondag het ons baie minder as beplan gaan stap - dit was hoofsaaklik my swemmende longe wat die nat vaddoek was - en toe bietjie kaart gespeel, 007 gekyk en ete maak. en toe was dit bed toe sodat ek en erica die volgende oggend vroeg kan wikkel stasie toe - daar met die trein na Brussel se lughawe en toe terug Berrie toe.



'n Fanstasties lekker naweek natuurlik!

Comments

Popular Posts