koekies

by gebrek aan 'n ander naam vir hierdie koekies sal ek hulle maar by default doop Dottie se chockchip cookies - soos 'n VLV kookboek

in elkgeval en des nie teenstaande, die koekies. die koekies is wat ek al vir lank wil eet teen goekoper prys as wat ek dit in die winkel kan koop - basies my gunsteling koekiesal vir 'n lang ruk. die rede: beide omdat dit so lekker smaak en ook omdat dit so lekker doop in koffie EN tee.



so dit werk so:

250 g botter
1 k wit suiker
1 k bruin suiker
2 groot eiers
1 t vanielje
2 k koekmeel
2,5 k outs - fyngemaak
half t sout
1 t bakpoeier
1 t koeksoda
340 g sjokolade druppels
250 g sjokolade gesmelt
1,5 k gekapte neute - brasiliaanse neute werk goed


1. room botter en suiker.
2. voeg eiers en vanielje by.
3. meng by meel, outs, sout, bakpoeier en koeksoda.
4. voeg by sjokolade en neute.
5. rol deeg in balletjies.
6. bak vir sowat 10 min by 180 grade C.





en wanneer die koekies klaargebak is, is hulle nog effe papperig. maar as mens soos ek hier in die vreemde nie veel bakplate het nie (om die waarheid te se geen en dus op bakpapier  bak wat op die enkele rak gegooi word), dan help dit om vir 'n paar sekondes die hele palawa deur die venster te steek dat die sneeu dit afkoel. dis nie aan te beveel op die dae wanneer dit nie sneeu nie en dus te koud is - bv die dae wanneer dit -20 grade C is want dan kan mens se vingers te vinnig koud kry en nie meer die rakkie behoorlik vashou  nie, met die gevolg dat jou harde werk kan afval en as jou venster bokant 'n spul mense wat loop is kan die koekies op iemand se kop val... ...en jy kan jou nie die drama in hierdie republiek indink as so iets gebeur nie... die eerste stel papier werk mag dalk eers die volgende oggend klaarkom. opsomming: hou dit net buite as dit sneeu





Comments

Popular Posts