terrible two's
so met alle vriende en familie wat nou kids het, reflekteer ek maar so 'n paar oomblike op 'n serrogaat vir kids... berlyn.
vandag twee jaar gelede hier aangeland, deur 'n laag sneeu geploeg oppad na Charite Platz 1 (in Virchaowweg) om 'n sleutel te kry by ontvangs, en daarna gastehuis toe... wat my tuiste vir die volgende paar maande sou wees. meer "slaapplek" as "tuiste" sou ek se^.
stort, warm aantrek en toe weer verder ploeg deur die sneeu op soek na ... oa kos - 'n dag en half se vlieg maak mens honger.
(intussen staan 'n paar (8) bokse in Monaco Gardens, wagtende om verskeep te word.)
Ekt uitgestap met die totaal van warm klere wat ek in my koffer gehad het - als oormekaar aangetrek, en steeds koud. Pad gesoek na waar enigiets gebeur. Op hierdie stadium het ek nog in my gedagtes gehad dat hier 'n "platz, piazza, markplein" erens in die middel van die stad moet wees (hahaha, riiight) en dus is ek oppad daarheen - "ag mens kyk mos maar waar (ou) "almal" heen stap" dink ek. "en daar sal mos kosserighede wees". well ja almal het gestap - well ek weet nou nie van "almal" nie - toeriste glo ek wel in retrospek - na Brandenburger Tor.
iedere geval - presies 24 maande later, met baie genade, yster pille en ure voor die komper en in die lab later - vat ek toe weer die paadjie vanaf Charite Platz 1 oppad na Brandenburger Tor. Met 'n legendariese ompad kom ons toe darem in Strasse Junie des 17 en toe ons opkyk na die perde se kant toe - daar sit die maan. en let op - daar is 'n "ons" ter sprake.
vandag twee jaar gelede hier aangeland, deur 'n laag sneeu geploeg oppad na Charite Platz 1 (in Virchaowweg) om 'n sleutel te kry by ontvangs, en daarna gastehuis toe... wat my tuiste vir die volgende paar maande sou wees. meer "slaapplek" as "tuiste" sou ek se^.
stort, warm aantrek en toe weer verder ploeg deur die sneeu op soek na ... oa kos - 'n dag en half se vlieg maak mens honger.
(intussen staan 'n paar (8) bokse in Monaco Gardens, wagtende om verskeep te word.)
iedere geval - presies 24 maande later, met baie genade, yster pille en ure voor die komper en in die lab later - vat ek toe weer die paadjie vanaf Charite Platz 1 oppad na Brandenburger Tor. Met 'n legendariese ompad kom ons toe darem in Strasse Junie des 17 en toe ons opkyk na die perde se kant toe - daar sit die maan. en let op - daar is 'n "ons" ter sprake.
In die voorheengenoemde 24 maande wat verbygestap het, het 'n paar wonderlike mense ook in my hart ingestap - twee van hulle is Laura en Filippo. Ek hoop dat Natalie ook mense sal he wat in haar hart instap en dat haar ma getroos sal wees tuis en onthou dat sy nooit uit haar hart sal uitstap nie.
'n Kind kan mos nie uit haar ma se hart uitstap nie.
en op die koop toe - het sowaar by 'n vuurtjie uitgekom,
...en die mure die oorlogklanke begin weergalm het - nogal nice en af te gelykertyd...
seenwense aan almal vir 2013
en mag God se Lig skyn
Comments
Post a Comment