Vandag het ons 'n uitstappie as werk gehad. Faantjie se groep het eers bietjei gewerk en toe 'n trein gevang na Wannsee en daarvandaan gestap na Pfaueninsel(http://de.wikipedia.org/wiki/Pfaueninsel)of te wel "pou-eiland" sowat 8 km padlangs daarvandaan.
Ons het op 'n stadium verby 'n gebou gestap waar die "Wannsee Konferenz" gehou is - ek kon nie glo 'n plek so mooi kan besluite so erg huisves nie.
Om 'n paar tree terug te gaan voor die Wannsee Konferenz: soos ek dit verstaan was daar middel 1941 reeds begin om die "skoonmaak" proses aan die gang te sit. Logisties was dit vroeer nie regtig moontlik nie (dus die "op die rak sit" van die Madagaskar Plan). Maar nou begin hulle dink dis moontlik. Einde 1941 was dit blykbaar bekend dat Hitler die Jode wil wegneem na die oostelike dele van daardie tyd se Duitsland en daar doodmaak. Maar hierdie sou geen klein operasie wees nie dus die breedvoerige beplanning en uiteindelik die Wannsee Konferenz. Intussen (Desember 1941) maak die Japanese marakkas in Perl Harbour en kort voor lank besluit die hele spulletjie mos om oorlog te maak. Dit bring egter nie die Nazi's van stryk nie en in die winter van 1942 (20 Janurarie) hou die spulletjie toe vergadering oor hoe om van die Jode ontslae te raak. (ek wonder hoe het hulle geslaap daai nag)
'n Trippie na die Joodse Museum in Berlyn bring 'n heel ander dimensie aan hierdie besluit/bespreking "konferenz".
... en dit by so 'n mooi huis aan die wal van Wannsee...
(en soos gewoonlik ek wens Celene Hunter of dr Slim was hier ... dis soveel makliker as iemand die goete kon verduidelik)
Comments
Post a Comment