Seile bol


... amper... maar dis steeds so fantaties as kan kom. Saterdag is ons vroegerig op, Filippo kom so getrou soos altyd ons haal om eers vir Tannie Carl by die Treinstasie van Siena te bring en dan is ons oppad na Portiglione (as ek reg onthou)- sowat 90km suid-wes van Siena, naby Follonica waar Oom Fabio (?) se boot le - 'n pragtige ? voet seilboot met ?aanboord motors. Die trippie was min of meer 'n verassing want ekt nie besef ons gaan seil nie. Intussen laai ons ook vir Matteo op en woerts warts is ons op die boot en daar gaat ons.
Iemand noem dat die Meditereense see basies 'n baie groot bad is... stil water met min wind en warm om in te swem. Ek dink ek wil saamstem. Beide in terme van die oos- en wes kus van Italie.
ons seil (meestal eitlik met die enjins want die wind is nie te kwaai nie) in die rigting van Isola d' Elba en kom terug naby Punta Ala waar ons die anker laat sak en in die water spring - nogal met snorkel en bril. Baie verskillende kleiner vissies - sommige in skole ander so twee twee. Mooi kleurvol en klaarblyklik nie eintlik menssku nie. Daarna eet tyd - oeeeeee lekker! en toe le en slaap ons lekker op die jag in die son (en ekt nou n streep waar my hand op my maag was tydens hierdie slapie)

Comments

Popular Posts