Porto San Gorgio
vroeg die oggend (3.30) staan ons op - het in se plek geslaap - en suiker af stasie toe vir 'n trippie na sentraal Italie.
ons vlieg met easyjet vir sowat 100 euro na Pisa die woensdag oggend en kom daar aan so 8.30 se kant. Soos mens uitstap ruik dit sommer reg.
Vanaf Pisa is ons na Firenze (Florance) via die Toskaanse landskap - dis regtig so mooi soos op die poskaarte en tydskrif fotos.
In Firenze stap ons bietjie rond in 'n baie ou en mooi stad. 'n Rivier deur die stad maak dit natuulik prentjie mooi. Dis oook hier was 'n redelike klomp van die Italiaanse meesters se werke gehou word, kunstenaars soos Michael Angelo ens.
Ons eet ietsie in die P'berg area van Firenze en toe weer via die ou deel van die stad na die treinstasie waar ons sit en warm kry en toe op die trein klim see toe - met 'n oorstap in Bologne. Hierdie trein (waarvoor mens die kaartjie verkieslik via die internet voor die tyd moet koop en print) loop met 'n baie mooi roete langs die see suid - ons het afgeklim in Porto San Gorgia.
Hier het Francesca ('n ander weergawe van Laura) en Massi ons opgetel en na ons blyplek geneem waar die kos - en 'n nessie vol italianers vir ons wag - Tannie carla, Tannie Ornella, Maliano ("Romano") and Alicia.
Na ete (ons maak seker eers so 23.30 daarmee klaar) gaan wys die jongklomp vir ons hoe om tot by die see te loop... sowat twee of meer ure later kom ons terug na oa 'n baie vermaaklike quartet van italianers wat soortvan sing...
Comments
Post a Comment