met baie min slaap gedurende die nag, staan ons redelik laat op en gaan soek ons die ander op wat reeds in die son le en smelt. cuppucino en toe water toe - eerste maal in die meditereense see. Nie einlik branders nie, maar 'n baie lekker plek om te dryf.
ek was so uitgehonger vir son dat ek ook maar meestal by die strand rondgele het en toe is ons efffe later huis toe om te stort en dan te gaan pizza eet.
Die pizza was by 'n naburiige kusdorpie (mens kan nie regtig se waar die een stop en die volgende begin nie, maar die locals glo wel dis verskillende plekke). Dit was die tyd van Sagra's (it. "Sagre"). Hierdie betrokke een was "Sagra della Spianata" - dit meen vir 'n SAner 'n vrag vol baie dun pizza's met alles waaraan mens kan dink op aparte pizza's...
Comments
Post a Comment