Asissi


Vandag het ons vroegerig gemove en toe ingespring met Francie en Massie in hulle Suzuki deur die agterpaaie van die heuwels. Om eers te kom by ?? Daaran weer via allerhande kronkelende ompaaie na ?? maar haak toe vas by Asissi. Ja dis reg - waar St Francesco gewoon het - dis die ou van die gebed ja Here, maak my ’n instrument van u vrede. Waar daar haat is, laat my liefde bring. Waar daar oortredings is, vergifnis, waar daar twyfel is, geloof, waar daar wanhoop is, hoop. waar daar duisternis is, lig, waar daar droefheid is, vreugde. O, Heilige Meester, gee dat ek, in plaas daarvan om vertroosting te soek, ander sal vertroos; om begrip te soek, andere sal verstaan; om liefde te soek, andere sal bemin. Want dit is deur te gee, dat ek ontvang; deur te vergewe, dat ek vergewe word. En dit is deur te strewe, dat ek die ewige lewe beërwe. nou ja dis 'n baie mooi storie wat die ou se lewe vertel, en veral ook tesame met sy tjommie ?? wat die klooster klink my begin het. 'n Baie besondere mooi dorpie - natuurlik op 'n bult. Hier het Filippo ons kom kry en toe is ons (effe teen 'n vinniger spoed) na Siena.

Comments

Popular Posts