So met die vergaderings saam het ek besluit om 'n paar dae na afloop daarvan in die omgewing te spandeer. Riaan woon in Walvisbaai en Tannie Magdaleen was juis in hierdie tyd daar by hom. Dus het hul my genooi om by hulle te kuier en ek het dus 'n week geneem vir die doel.
Hoewel - tot op hede het ek nog nie 'n manier gehad om van Winhoek tot in Walvisbaai te kom nie. Die opsies is 'n vlug vanaf die internationale lughawe (sowat 45 min weg), 'n bus (interkaap), 'n shutle of 'n charter vlug vanaf Eros... lang storie kort, Vrydag oggend wag ek saam met Gerhard, Frikkie en Gerhard se twee kinders in 'n baie klein lughawe vir die mis om op te klaar langs die kus dat ons kan vlieg - 'n 6 seater Sesna 210 is ons skippie oppad na Walvis via Sossusvlei, die oop diamant myne, twee sandverwaaide skeepswrakke, die soutpanne en 'n walvis en haar kalf op die koop toe.
Comments
Post a Comment