'n naweek tuis


deesdae raak "tuis" darem "Berlyn". ons wou die naweek 'n bietjie gaan fietsry en moeg raak (dis nou somer en daar is baie lig en ek raak nie moeg nie...). hoewel, die enigma van "Summer in Berlin is fantastic!" versluier homself weereens vanjaar en dus het ons 'n baie mooi kaapse winterweer naweek gehad - reen en koeligheid. (ek verwys na Feb se inskrywings rakende die term "koud"). 'n lui Saterdag middag na Vrydagaand ete by Pam het homself gemanifesteer in 'n fliek, gebakte hoender en 'n stappie deur Altstad en by die mere.
Sondag het ek diens gedoen by BICC en Erica is MPIIB toe om muise te check. Daarna het ons soos wafferse Prenzlauerbergers gaan sushi eet ('n plekkie ment die naam Lemongrass... nie aan te beveel as jy lus het vir enigiets meer as onderstandaard mango lassi en sushi nie... hul sake was ook nie meer met hulle nie). Nietemin is ons verder en oppad fliek saam met die ander girls maak ek en erica 'n stop by die franse cafe langs "susse sunday" (of te wel echt Su:sse Su:nde). https://plus.google.com/106069796095574890979/about?gl=de&hl=en 'n Pot vol koffie (en "pot" hier verwys na 'n piepot) later kry ons die res vir die film: Deine Weg (The Way, http://www.imdb.com/title/tt1441912/). Beslis die moeite werd gewees. Ons het 'n glas wyn saam gedrink die res van die agtermiddag en toe stap ons almal na ons huise toe - ek sommer na erica s'n, maar het eers met 'n ompad vir Laura gaan "aflaai" met Car2go om 'n bietjie oefening vir bestuur aan die verkeerde kant van die pad te kry. 'n Sondagaand broodjie [brood, gemmer konfeit, chouvrox kaas, en 'n appel skyf] en tee bring ons bed toe vir more oggend se croissant en cuppacino ;-) ek besef daagliks dat die Vader my seen met mense en 'n skoon hart... Dankie Heer. JES 1:16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen, JES 1:17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. JES 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol. JES 1:19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

Comments

Popular Posts