Beskuit van Hilda


een van die baie lekker dinge wat ek onthou van Walvisbaai is Hilda se beskuit. Tannie Magdaleen het my maak die semels saambring (en ek moet bieg eks bly ekt gehoorsaam... hier is dit nie geredelik beskikbaar nie). Tesame met SA bakboeier - ewe uit 'n mooi blik blikkie - het die semels die jobbie gedoen.
so loop die protocol: 500 g botter, 1&half koppie suiker - meng die outjies op die stoof sodat die botter smelt. 500 g karringmeld en 3 eiers word geklits. meng alles tesame en dan: weeg 1 kg bruismeel (ek het sommer hier in DE waar ek nie bruismeel kon vind nie vir Tannie SJA De Villiers gekonsulteer wat meen mens kan maar sommer met 'n half teelepel bakbpoier per koppie meel jou eie bruismeel maak), 2 teelepel bakpoeier en 'n rapsie sout. meng nou die natte patatte met die meelsaak, dit maak vir 'n natterig beslag. Hierby meng ons nou Walvisbaai se sembels en gooi sommer op die koop toe 'n hand vol sade by.
Die panne is intussen mooi gesmeer en oond is reeds hittig - teen sowat 180 grade C. die beskuit bak vir omtrent 35 min as dit nie te hoog le in die pan nie. Nou kom mr Ruedi se lekker broodmes goed te pas - anders moet mens maar 'n trekie wag sodat mens nie die beskuit kluitjie drunk met die sny/breeksaak nie. Dit droog oornag @ ~90 80 grade C uit.

Comments

Popular Posts