Ons AE-TBC jaarlikse vergadering was vanjaar in Windhoek, Namibia.
Dit was 'n hele paar jaar gelede wat ek laas in Nam was - ek dink toe dit nog deel was van RSA - toe het ons nog van "Suid-Wes" gepaat.
Het Sondag middag daar aangekom en tuisgegaan in 'n hotel: Safari Hotel - dis aan die suide van die stad en langsaan die kleinder lughawe: Eros. Lg. hanteer basies net 'n enkele paar binnelandse vlugte (wel NIE na Walvisbaai nie) en die klompie charter vlugte.
Woensdagaand het 'n klompie familie 'n ete gehou en my genooi om met hul te kuier. Dit wat fantasties lekker - meeste van hulle het ek of nog nooit gesien nie, of as klein dogtertjie laas gesien.
Hier in die foto is Tannie Susan, Oom Dries, Alida, Tannie Alida, Oom Frans, ek, Oom Meyer, Tannie Christa
Comments
Post a Comment