laura het nou die dag 'n bak pasta vir my gegee vir middagete by die werk... dit was voorwaar van die lekkerste wat ek ooit geeet het.
vannaand het ek dit probeer na-maak - sy is by haar ma om te gaan pizza eet vir die naweek, so ekt maar bietjie improviseer:
kook pasta in kookwater met sout en olie
in pan, maak titseltjie olie warm, en gooi in fyn zucchini. na 'n rukkie gooi fyngemaakte gerookte forel/salm. en dan kort daarna 'n houertjie creme fraiche (suurroom - die Franse manier om room suur te maak met 'n bakteriele kultuur).
hou vir 'n kort rukkie op warm vuur en haal dan af, voeg die pasta by en voila!

dis eintlik sout genoeg, maar sit maar sout en peper op die tafel. pecorino is ook nie regtig nodig nie, maar kan saamgaan. schones appitit!
(pasta van De Cecco is 'n treffer so btw... Hier het ek 'n Fusilli no 34 gebruik)
en vir eendag - dan gaan ons terugkyk en sien hoe goedkoop lekker kos was:
pasta = 1,79
Raucher = 2,99
creme Fraiche = 0,32
zucchini (een middelslag) 0,90
Totaal: 6 Euro, 5 porsies ;-)
Comments
Post a Comment