en dan in Oslo


So hierdie naweek was dit dus my beurt om by Susara te gaan kuier - Erica het sommer saamgekom en dit was 'n heerlike uitstappie... ...wel begin met effe van 'n opwinding - die wasser teamstaffel: 5 x 5km en ek moes maar net letterlik bid om die spanmaats van MPIIB te vind tussen die duisende ander spanne... ek moet mos eerste hol sodat ek Erica kan kry wat reeds dan met ons sakke sou Hauptbahnhof toe gaan en kaartjies koop, dit stempel en ek op die trein kon spring (toe die knaap die fluitjie blaas vir die trein om te vertrek...) iedere geval, ingeval daar steeds onduidelikheid is -> ekt eg deur Besturing wel die trein gemaak en ons was oppad na Schoenefeld vir 'n Ryan air flug na Oslo Rygge, sowat 'n uur buite Oslo. Daar aangekom (~ 23h00) was die son nog nie "onder" nie, en het ons Noorse uitstappie in alle erns en genot begin. Sonder dat ek tot dusver veel aandag gegee het aan die Skandanwiese lande, het die land van die Trolle en Vikings my baie vinnig baie be-indruk. Sue het ons by die trein stasie kom haal nadat ons sowat 'n uur met 'n bus gery het vanaf Rygge na Oslo S - die trein/bus stasie in die middestad. ons is toe na haar kamer toe in 'n kompleks so 'n entjie weg met 'n metro trein en paar tree se stap. dit het basies nie regtig donker geword nie - meer "skemer" so net na middernag en wel was dit reenerig dus was dit minder lig. sat oggend was dit besonders lekker om vir Oom Gerrit en Tannie Martie van den Dool daar te ontmoet vir 'n koffetjie in Sue se tuiste. Ons het sommer so lekker lekker sit en klets - erens tussen Afrikaans, Hollands en Flaams deur. die res van Saterdag is ons na die hawe waar ons eers gesien het waar die Nobelprys uitgedeel word en daarna met 'n bootjie na 'n stuk van die skiereiland van Oslo. Hier het ons bietjie by die museums gaan rondrits - nogal 'n snaakse setup: die museums is so tussen die woongebiede - waar mens niksvermoedend sommer kan verbystap sonder om die museums op te let. Ons is oa in die Viking museum in en het baie van die bote geleer en gesien. ...inderdaad 'n besondere nasie. Terug by die kaai het sit en koffie drink op die bankies en toe gaan vis koop vir aandete - Sue het vir ons Noorse Salm gemaak soos ek nog nooit in my lewe gehad het nie! wow! Daarna is ons weer weg om die ski jump ramp te gaan bekyk wat op 'n koppie is buite die stad. Tot dusver het ek gedink bungi is die enigste "sport" wat ek nooit wil doen nie... na dese voeg ek ski spronge by. 'n Besonderse plek en ek en Erica moes maar gaan seker maak hoe dit van bo af lyk... Sue het onder gewag ;-) Sondag het ook koue en reen meegebring maar ons was gelukkig en is wel na 'n park toe ... 'n baie besonderse plek: FrognerParken. Hier is 'n klompie figure van die park - beroemd vir sy besonderse figure waarin ware emosie en "gewone" kom en gaan van die mens uitgebeeld word. Die beelde is deur Gustav Vigeland, en werklik iets besonders Frognerparken in die mooie Noors taal: Historie fra 1500-tallet Parken er egentlig Frogner Hovedgård og gården har en historie mange hundre år tilbake i tiden. Vi kjenner beskrivelser av gården fra 1500 tallet. Gården hadde mange eiere opp gjennom tiden. Mest kjent er Kammerherre Bernt Anker som kjøpte gården i 1790 og utvidet gårdsbygningene og la under gården en samlet innmark på ca 3000 mål, en av de største gårder i Norge på den tiden. I 1896 kjøpte Oslo Kommune gården som den gang var på 664 mål. Oslo Bymuseum flyttet inn i 1909. Prisen i 1896 var kr 700 000 som i dagens valuta ville utgjøre noe slikt som noe over kr 40 mill. (http://www.fpvenner.no/frognerparken.html)
hierna is ons via 'n koffiestalletjie terug om ons tassies te gaan kry en gelukkig het Sue ons weer tot by die busstasie gebring sodat ons die trippie kan maak lughawe toe. Sue dankie vir 'n baie baie lekker naweek daar by jou - sterkte met die kombuis en die laaste paar weke daar.

Comments

Popular Posts