Vincent - hier is 'n blog entry vir jou - twee redes: ons was die naweek in die woude van die Elbsandsteingebergtes en ek het baie aan jou gedink - weet glad nie hoekom nie, maar het wel gewonder oa of jy ook eendag hier gaan kom stap/klim. As ek so kyk na jou huidige blog vordering re steaks en hoe jy so duidelik vir Benjamin vertel van hoe om katte te jaag is ek seker jy sal ook (wanneer jy dan nou wel verskeie osse verorber het met tyd) graag in die berge rondrits.
Die ander rede natuurlik omdat ons nog nie ontmoet het nie. Jy weet, jou ma is Mevrou Spesiaal vir my en dus sou ek baie graag haar halfsib wil te siene kry. Dus: aangename kennis V-man - ich heisse Maria Esterhuyse - freud mich!!
tbc ;-)
Ek sal dit vir V-man na sy eposadres toe stuur. :-) Hy het al baie uitgevra na jou. Ek dink julle moet verseker 'n date maak volgende keer as jy hier is (of ons daar, natuurlik)
ReplyDelete