nog 'n gesig van die elbsandsteingebergtes
In Bad Schandau aangekom (na 12h00...) het ons (weer) probeer om koffie en croissants by 'n besonder lekker bakkerytjie te koop. Die was egter Alweer toe. ai - ek moet nou leer dat hulle toemaak op 'n Saterdag om 12h00. Ons het dus maar by'n ander enkele oop plekkie met ons jasse, rugsakke en stapskoene gaan aanklop vir 'n koppie warm koffie. en op die koop toe 'n apfelstrudel raakgebyt.
vanaf Bad Schandau stap ons sowat 20-30 min tot by die kampplek - hier begin ons:
Langs pad sien ons heelwat sneeu teen die noordhange en huisies wat knus warm kry van binne (ons effe minder knus...)
Die klein riviertjie waaroor ons altyd gestap het... wag bevrore vir ons om ons verskyning te maak - hmmm 'n koue nag wat voorle^!
en dan natuurlik: 'n heel nuwe blik van Ostauer Muele - laas jaar toe ek na hul website kyk en sneeu foto's sien het ek gedink: "ahhh great - mens kan in sulke weer kamp! sal graag my tent en slaapsak wil uitprobeer..." well nou weet ek van beter - hoewel ek steeds dit wil uitprobeer, sal ek dit voorts probeer sonder 'n dreigende griep aan't kome. in iedergeval - wat 'n mooi gesig!
ons het vir 'n stappie gegaan na schrammsteine
Comments
Post a Comment