koud
'n heel paar mense vra my in die dae of dit koud is.
well is so ironies dat ek amper nie weet wat om te se nie.
ek kan nie aan sterk genoeg beskrywende naamwoorde dink om net te raak aan die konsep van koud wat ons hier voel nie. In Afrikaanse taal dink ek nie is 'n woord wat die weer hier kan beskryf nie.
kyk en ek was darem al in 'n heel paar berge, sneeu, wind, hael... maar niks kom by hierdie koue nie.
wat net vir my so vreemd is (in die tweede plek, naas nie "kouegheid", is die feit dat almal maar aangaan. so asof dit nou die normaalste ding in die wereld is om op 'n fiets te sit oppad klimmuur toe teen -15 grade C...
en 'n laaste gedagte net, indien ek weer oorweeg om Berlyn toe te sou kom ... dis net hier in hierdie omgewing wat dit so gaan - ons kry blykbaar ons weer vanaf Rusland, terwyl die meeste van die res van Duitsland se weer vanaf die weste ens. kom. Die dat dit so "koud" is hier.
Vrydag oggend het ons egter opgestaan met die sneeu om ons - tot dusver het dit nie veel gesneeu nie, maar Donderdag nag het dit begin, is steeds besig, en ek moet bieg, vir 'n Karookind wat nie so baie sneeu ken nie, was dit so 'n vreedsaamheid wat daarmee gepaard gegaan het - geen wind, en dis amper asof mense sagter praat, so 'n heilige stilte wat oor die stad kom. ek dink nie ek ken enigiets anders wat daarmee vergelyk nie.
wat 'n voorreg.

Comments
Post a Comment