ons maak groenvye
Eers skil ons die vye (100) liggies dat van die groen nog kan deurskyn. Dan los ons dit oornag in soutwater (hoekom kan ek nog nie uitgevind het nie - "dis soos jou ouma my geleer het" is meestal die antwoord :-) )

Die volgende oggend kook ons die vye tot mens met 'n stomp vuurhoutjie deur kan druk. Intussend maak ons die stroop ook solank - dis nie baie spesifiek nie, maar "sowat" 1 liter water en 4-5 kg suiker. dit moet gekook word tot die suiker opgelos is en net voor die regtig borrel moet mens dit eintlik stop. die stroop word later by die vye gegooi en die spulletjie weer tesame gekook.

As die vye nou sag genoeg is, word dit via 3 skottels koue water afgekoel. eers in die een, dan stuk vir stuk na die tweede en wanneer dit na die derde gaan kan jy al so effe die water begin uitdruk sodat dit kouer water kan opsuig. oppas net - die kookwater van binne die vye kan brand nog!

Erens word 'n mespunt blouviterjoel ingegooi, maar dit moet ek nog uitvind wanneer...
Die stroop kom nou weer op die vuur en moet borrel wanneer die vye weer uitgedruk word en een-een ingegooi word. Wanneer die vye ingaan moet die stroop altyd kokend wees, so dit help om stadig aan te gaan anders koel die vye die stroop te vinnig af.

As die vye glasig is word dit uitgehaal en in die blottels gesit en opgevul met stroop, toegedraai en omgedop.

Dit word ingemaak in glasbottels wat dan koponderstebo staan - hoekom weet ek nie regtig nie - ek raai dit "steriliseer" sommer ook die bo-kant van die bottel en prop.
...
et voila!

Comments
Post a Comment