nogmal bad schandau
hierdie keer is die ek en erica wat die pad vat - spoorlangs na bad schandau - ek wou gaan groet vir eers en ook kyk of die bome verder verkleur het, erica - well sy is game vir alles.
vrydag aand het ons eers lekker geeet - Zofie het kos gemaak - ertjies en hoender. baie lekker! veral met die Jaegermeister wat dit gepaard gegaan het.
Die Jaeger het voorts homself verplaas na 'n "karottensaft" bottel en het duimgery saam na die Sachsishe Schweiz ;-)
Ons is op na die Schrammsteinen toe - verby Falkenstein en toe na die Schrammstein uitkykpunt waar Erica ook soos dr. Slim haar oge moes toemaak en toe ons bo kom was dit regtig mooi (soos altyd natuurlik ;-) ). Om een of ander rede was daar 'n nessie vol mense met tripods en die daarmeegepaardgaande klikkers - of te wel dan kamera's as jy wil.
Die een knaap het na 'n wyle gevra dat ek "net nie so erg hard teen sy tripod moet leun nie" toe ek hom antwoord - dalk effe sag - "ok dan net saggies leun?" het ek geen reaksie gekry nie... well nie van hom nie maar van Erica genoeg om op te maak.
Ons tee keteltjie en stofie het natuurlik ons vergesel allepad tot daar en ek dink die "nessie" was effe jaloers toe die son ondergaan, ons teedrink en die prentjie op die horison geniet.
Sondag het ons verrys na 'n heerlike (lang) slapie in die Wanderkwartieren, 'n koffietjie gemaak en na ontbyt begin roer terug Bad Schandau toe en via S-bahn na Kurort Raten, en toe die stoomskippie weer getref af tot in Dresden... ons lieben Karottensaft en tee keteltjie was konstante begleiter ;-)
Comments
Post a Comment