Darling my wyntjie

my hartjie my liefie - maar hier sing ons van Darling.
John en ek het die pad gevat vanaf yzer na Darling en gaan wyn soek by Darling kelders en Cloof.
Lg. het ek vantevore geproe en was besonders be-indruk met hul Linchpin en Duckett.
http://www.cloof.co.za/Home/tabid/56/Default.aspx
Vandag het hul ook 'n Summetime gehad - 'n oulike label met 'n bikini wat van die letters af hang en gemaak is van Sauvignon Blanc - 'n kultivar wat natuurlik hier goed aard. (soos Shiraz ook) 'n ander nuwe wyn van Cloof wat ek ook baie van hou was hul "very sexy shiraz" - effe jonk tans maar ek dink dis baie goed gekarakteriseer. 'n nota - dis betalend om dit eerder by die local spar te gaan koop though ;-) so ook die Darling kelders se wyne.
Darling kelders se wyne was ook iets besonders
http://www.darlingcellars.co.za/
Lime Kilns, Quercus Chardonnay en hul Nouvelle (2011) was baie lekker drink wyne saam met kos of sommer vir op die stoep na 'n lang warm dag. Die Sauvignon Blanc in hul Premium reeks was ook besonders.
(Nouvelle - This grape, a crossing of Semillon and Ugni Blanc (Trebbiano), was developed in South Africa by Professor CJ Orffer of Stellenbosch University. While plantings remain tiny they are increasing, mainly for inclusion in blends. It produces wines with a strong grassy, green peppery character. alas, http://www.wosa.co.za/sa/varieties_white.php)
Hul Shiraz en Pinotage uit die Premium reeks was beslis iets om op trots te wees. Die pinotage wat hul botteleer onder "old blocks" en merlot wat hul noem "six tonner" was ook lekker om te drink en hoewel hul tans die jonger weergawes verkoop dink ek mens kan dit hou vir 'n klompie jaar.

oppad vanaf Cloof na Darling Kelders het ons 'n trekie of twee gestop vir foto's neem (sal dit nog oplaai seker een of ander tyd ;-) )

Comments

Popular Posts