der Kegel

Ek het gedink mens kan nie klim in 'n plek soos Berlyn waar alles plat is nie. Tot my aangename verbasing het ek kennis gemaak met 'n konsep genaamd "urban climbing". Dit beteken dat mens op alles klim wat jy moontlik kan op klim. En hoe meer grafitti, hoe beter. ('n laag verf oor die oppervlak verhoog blykbaar die grade met twee vlakke)
In Berlyn self is daar 'n heel paar sintetiese klimmure in die stad opgerig. Laas Sondag en Woensdag het ons by twee hiervan gaan klim:
http://www.kletterwiki.de/Kirchbachspitze
http://www.kletterwiki.de/Schwedter_Nordwand

Sondag het ek saam met Tina en Ang gaan klim by Kirchbachspitze - lekker naby kerk. Het twee ander mense ontmoet - Duitsers, Steffi en Harald.

Vandag het Harald my genooi om saam met hom te gaan klim - 'n plek genaamd Der Kegel. Dit was 'n bunker en een van "daai Berlyn plekke" ;-) (...wat ek nou met eerlikheid na 8 maande hier kan se ek begin van hou...) Hierdie bunker is omskep (soos 'n klompie ander) in 'n klimmuur - en dit gaan saam met 'n skateboard park. Was inderdaad 'n baie lekker plek om te gaan klim.
http://www.derkegel.de/index.php?section=1


Comments

Popular Posts