Bobotie

ek wou eintlikdie titel maak "bobotie en niemand wat dit kan waardeer nie"
sowat twee weke gelede het ek my goedtjies gepak en na bellermanstrasse 93 toe getrek. martin en frida het gehelp en ek wou vir hulle ete kook. dit het dan vannaand gebeur.
vir 'n paar ander redes nooi ek toe maar my klimmaat, 'n pel van kerk, nog iemand van werk en die outjie wat die vorige woonstel nou huur ook vir ete.
en besluit om bobotie en rys te maak vir ete. (vleis is natuurlik 'n baie duur saak hier... en as dit ordentlike vleis moet wees, soveel te meer) Maar 'n dankie-se ete verdien dit.
(hier moet ek bysit, dat vandag ook die dag was wat ek probeer registreer het by burgerampt en visa verplaas het na nuwe paspoort... dis 'n storie vir 'n ander keer)
kom toe 7 15 se kant tuis, en slaan weg aan die bobotie. stuk stuk kom die ander aan en erica maak elke keer die deur oop.
uiteindelik is die kos gereed en ons sit aan. party een wynig, ("is nie so mal oor vleis nie") en anderes eet glad nie die rys nie. nou ja wat nou. maar die een ou slaan weg aan die vleis (ek dog nogal ek maak twee panne vol bobotie sodat ek en erica nog oor het vir die volgende middag ete...) maar nee daar gaat alles toe in een se keel af.
maar ja ek is bly ten minste het hy dit geniet. of.
europiers.... weet ook nie wanneer iets die moeite werd is nie.... ;-)

Comments

Popular Posts