Daniel Barenboim
Ons het vandag na Daniel Barenboim geluister. Vir die tweede keer. En 'n baie aangename verassing. 'n Paar weke gelede is ek en Erica en Kellen na 'n kosert waar hy pianis was in die uitvoering en wel te Berlin Philharmoniker. Ek was nogal teleurgesteld met die uitvoering - meestal omdat die dirigent basies gevrek was - en dit het oorgeloop in die uitvoering. Barenboim is 'n wereldklas pianis.
Wat ek egter nie geweet het nie, is dat hy 'n besonder goeie dirigent ook is. Dit sou ek dan vandag kort na kerk uitvind. Dit was die jaarlikse uitvoering van "staatsoper fu:r alle". - regtig 'n besonderse voorreg om in Berlyn te woon en sulke dinge amper "per ongeluk" raak te loop.
wel tot hede het ek nog nie opnames daarvan gesien nie, maar ek hoop regtig dit sal erens op die wereldwyeweb te siene wees - die HDTV kamera's was in al hul glorie daar so ek hou my hoop hoog. http://www.staatsoper-fuer-alle.de/ Ana het gelukkig 'n paar foto's geneem ;-)
en een ding kan mens van hierdie Israeli dirigent/pianis se^: hy weet hoe om 'n pak klere te dra! en as die Berlinerdom in die agtergrond is wel met mooi musiek van Beethoven daarmee saam maak dit die perfekte prentjie.
http://www.danielbarenboim.com

Comments
Post a Comment