sachsische schweiz II

Saterdag en Sondag het ek met 'n trein Dresden toe gegaan waar Axel my opgepik het op die stasie. Hierdie was my tweede trippie na daardie omgewing toe. Dit was nogal lekker om Axel te sien op die stasie en hy het my toe geneemm deur die stad vir 'n kort opvoedkundige toertjie. Dresden is geweldig mooi gewees in my eerste indrukke! Die historiese stad is baie mooi reggemaak (dis natuulik een van die stede wat totaal platgebom was tydens WWII) en selfs die nuwer gedeeltes was baie mooi.

Na die kort "toertjie" is ons via 'n effense ompad in die rigting van Pirna oppad en het gestop by 'n plek waar 'n heel interessante crag is. Dis naby die rivier - nie die groot river, Elbe nie, maar een van die sytakke. wat die crag intressant gemaak het, was dat daar twee klettersteige roetes ook was. Ons het die een roete aangepak maar ek moet bieg eg gebruik gemaak van die "klettersteige" of te wel "via ferrata" met die klim op ferrata die keer ;-) Ongelukkig het ferrata sy tol ge-eis en is my vingers reeds halfpad teen die roete op sonder vel... nodeloos om te se dat ek toe reeds besef het die res van die roete, en die res van die daarop volgende roetes en om nie te praat van die volgende dag se roetes nie gaan effe seer wees... :-/
Maar om rots op jou hande te voel weer 'n slag en by die top anker uit te kom was bloot fantasties!



Na die eerste klettersteig roete is ons na Sachsische Schweiz waar ons eers deur Bad Schandau is en toe verby die kampplek en twee parkeerplekke later gestop het en begin stap vandaar af. Ons is vandaar in die berg in (nie baie hoge berge nie, maar gelukkig sandsteem) Die area is baie mooi en was vroeer onder water. Daardie area het heelwat klettersteige roetes en ons het so 'n effe kruis en dwars gegaan en die uitsigte elke keer as ons bo kom was besonders. 'n Geweldige spulletjie mense was op die roetes - 'n groot hoeveelheid van hulle 'n generasie of meer ouer as ek. Of almal op die klettersteige was, weet ek nie, maar hulle het wel gehike.







Sondag het ons laterig geslaap (dit was actually nogal koud gedurende die nag, maar ek het baie lekker in my tent en slaapsak geslaap) en ontbyt geeet terwyl ons vir Mike wag. Toe opgepak en na 'n area gegaan in Schrammsteine http://de.wikipedia.org/wiki/Schrammsteine. Daar is 'n massief wat genoem word "Falkenstein". Daar is baie sportroetes maar ek moet se dis effe moeiliker om te lead as wat ek gewoond is in SA aan die sandsteen daar. Die rede is dat die bolts (wat eintlik meestal ringe/ankers is) geweldig ver uitmekaar is. Ek wil graag die roete boek van die omgewing in die hande kry - sal moet soek daarvoor.
http://de.wikipedia.org/wiki/Falkenstein_(S%C3%A4chsische_Schweiz)



Die namiddag is ons terug en het Axel my weer in Dresden by die stadie afgelaai nadat ons eers 'n draaitjie in Tschechieslovakeie gemaak het. O ja, en ek het nog nie genoem van die treinkaartjie nie. Lang storie kort - ek het die kaartjie blykbaar in Berlyn agtergelaat en moes dus weer 'n kaartjie koop. Maar die kondukteur was baie gaaf en het gese ek moet maar net 'n terugreis kaartjie koop. Wat ek toe inderdaad gedoen het. Die trein (vanaf Budapest) het toe uiteindelik gearriveer en ek is op 'n oorvol trein waarvan die laaste twee trokke toe boonop in Dresden agtergebly het en die res van die treins self voller gemaak het. Het toe sommer in die paadtjie gele en boeklees veral met die trein wat toe reeds sowat 'n uur laat is, en nog steeds elke dan en wat gaan staan... Tuis in Berlyn het ek toe in ligte reen en met seer vingers huistoe gestap en lekker pootuit met sonlig in my are in my bedjtie geklim. met dank aan ons Vader vir so 'n mooi aarde en die voorreg om dit te geniet.

Comments

Popular Posts