Blütensirup Holunderblüte

So dis 'n koedrank stroop wat van bloeisels gemaak word wat in die noordelike europese lande groei (Eng: Elder flower; Hollands: Vlierbloesem).

Mens pluk die blomme wat so lyk:





Sowat 25 handgrootte bloeiseltrosse wat gemeng word met 5 liter water, 2 kg suiker, 3 suurlemoene wat gewas en in skywe gesny is en 50 g sitroensuur. Die spulletjie word dag gemeng en gelos vir sowat twee dae.





Hierna word die spulletjie gekook vir omtrent 5-10 minute en in gesteriliseerde bottels geskink deur 'n sif met kaasdoek. Die bottels word dadelik toegedraai en kan by kamertemperatuur vir maande gestoor word.

Comments

Popular Posts