Trabante-trawante

Vandag was Paassondag - het die vorige nag weer weird gevoel, maar dit het later weggegaan. Kerk @BIC was baie spesiaal
http://itunes.apple.com/us/podcast/berlin-international-church/id278731442?q=itunes

Daarna het Caroline, Daniel en Jens my kom oplaai...
Ons het vandag 'n Trabbi safari onderneem.
'n Trabbi (Trabi, Trabant) is 'n ou soort kar wat in Oos-Duitsland gemaak is en ryk aan geskiedenis. Hier is 'n plek in Berlyn wat 'n klompie van hulle het en verhuur. Die enjin is baie eenvoudig en klink soos die piskriek wat ons op die plaas het. Hier is 'n paar foto's van die makker wat ons vandag mee gery het. 'n 1982 model.

http://en.wikipedia.org/wiki/Trabant




Ons het uitgery Potsdam toe en daar 'n koffie en koek gaan eet. Die son was fantasties lekker warm - vir die eerste keer het ek son gevoel in Europa wat regtig soos son op my vel gevoel het. So nou sien ek uit na somer :-)



Na Potsdam het ons gemik na Wansee, maar by 'n ander meer uitgekom - nie seker waar nie. Hier het Daniel 'n spanspek uitgepluk en ons het vir 'n rukkie piekniek gehou onder die bome.




the photoshoot



Na die photoshoot het ek 'n bietjie die tjorrie vir 'n spin gevat - dit ry flippen lekker! maar ek twyfel dit sal die pad maak tot in Bad Schandau :-)


Na 'n lekker ride nog deur die stad, met vele vele foto's wat mense van ons neem, het ons ou Pienkie gaan afgee en na my woonstel toe vir aandete en sonsondergang.


Comments

Popular Posts