
gisteraand was die "lange nacht der oper und theater" http://www.berlin-buehnen.de/langenacht/index.php Pam ('n pel van kerk - uit Singapore) het hier aangekom na haar draf in Tiergarten en gevra of ek hulle wil join (sy en paar pelle van taal-skool). Ek het toe sommer hier naby my by die Staatsoper begin - 15 min se stap omtrent van my tehuisie af. wes. daar gekom moes ek eers vir sowat 1h20 min in 'n ry staan en toe na 'n paar stukke opera luister. ek moet bieg na la Traviata twee weke van te vore in dieselfde operahuis, was ek nogal teleurgestel. Maar met hoop is ek 30 min later na die volgende uitvoering wat vir my goed geklink het: Konzerthaus Berlin - 'n sowat halfuur se struik musiek - very much my indruk van "Berlyn-musiek". Daar moes ons ook wag vir ingang - seker so 30 min. maar dit was baie mooi eintlik - 'n rooi tapyt met 'n vrag trappe na bo en uitsig oor 'n heel mooi plein. teen sowat 22h30. 23h00 begin die show en dit was fantasties - 'n baie mooi ervaring! dit was egter nie 'n volle simfonie nie - ek hoop om binnekort daarna te gaan luister.
vandag was egter 'n baie mooi dag - kerk toe (nadat ons sowat 3am gaan slaap het) - toe huistoe en piesangbrood gebak in nuwe pan - super cool pan!!! en toe sondag draffie was baie lekker!
Comments
Post a Comment