na kaunas

raai- 65dae sedert ek 'n trein geneem het vanaf Scho:nefeld lughawe na Hauptbahnhof Berlyn.
Vandag is ek weer op 'n trein terug-en dit laat my bietjie dink...
Sedert my aankoms hier het baie gebeur-nie opmerlike baie's nie (behalwe die kreukels-die is beslis opmerklik) - eerder baie's wat ervaring betref.
Die eerste aand hier was oujaarsaand en met sowat 1m sneeu oraloor in die stad het ek nie baie lank gedraai voordat ek in die bed geval het nie.
'n Onsmaaklike maag in die nag en donkerte later het die eerste naweek darem verbygetik en die week begin.
'n Slegte week. So het ek gedink tot nou toe. Maar is besig om my opinie te verander. Die week se nagte was sowat ondraaglik en die dae maar effe minder so. 7 Dae na die landingstrook beland ek toe in 'n dokterskamer - en met 'n voorskrif in die hand en 'n paar ml bloed na buite drink ek vir die eerste keer depressie medikasie...
...dit het werklikwaar niks beter gemaak nie - in teendeel!
Vir 'n tweede naweek het slaap moeilik gekom en naar/tamheid asook onaardige beelde en vrese baasgespeel.
Dinsdag moes ek weer by die dokter aanmeld en bloedtoetse het 'n uiterse anemiese toestand gewys vanwee ystertekort. nog 'n voorskrif verder kou ek spykers en los die anti-depressie medikasie (wat, so terloops, bloeddruk nog verder afbring en meer misluk laat voel as 'n gevolg).

Wat beteken dit alles?

wat het ons nodig?
mense? God? materiele besittings? "bekende" dinge om ons?

en wie en wat is Berlyn?
dis donker hier. selfs na 65 dae "voel" ek die donkerte. ek bid vir God se Lig in die plek. (Erica hou daarvan om na die stad te verwys as 'n Hell-hole - ek dink sy is nie ver verkeerd nie.) Maar hoekom is ons hier? Hoekom is ek hier.

en hoe vind mens vrede en vreugde selfs wanneer alles rondom jou eenvoudig sleg is? Sowat 'n 14 dae ('n Vrydag oppad na HomeGroup) het ek vir die eerste keer begin om vanuit my siel dankbaar te wees vir die "geleentheid" om gechallenge te word om hieroor te dink en vrede/vreugde te vind in sulke omstandighede. Nou - sowat twee maande later is ek regtig dankbaar hiervoor. Dis nog nie reg nie - ek verstaan nog nie. maar weet (en vertrou) dit is sinvol. Dit laat my dink aan Tour de France.

So - wat kies ek: tb web of donker plek. op die stadium die donker plek - beslis. want God is in my -Jesus het gesterf en Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe. ook die Lig op ons pad. Saam met Hom enige tyd. Moeilik - ja maar as Hy daar is is als OK - selfs die swaar en hartseer en verlange. Daar kom 'n tyd vir alles... Die web was vol leuns. Die donkerte kan verLig word. :-)

Comments

Popular Posts