ek bou 'n tafel
Riaan - ek dink jy sou trots wees op my - kyk my lekker werkstafel!
Die storie begin so:
1. woonstel soek = ***se frustrasie
2. uiteindelik afspraak dat internet gekoppel word - per BRIEF word ek ingelig om vandag tussen 12h en 16h tuis te wees sodat die mense kan kom installeer (dit beteken "toelaat" om internet te gebruik - hardeware het ek reeds ge-installeer... ...en natuurlik teen 'n treffer prys van 30 Euro per maand...) Die mense het nie opgedaag nie. 'n Telefoon oproep verder vertel die man in Duits dat dit probleem nie is dat die tegnikus nie opgedaag het nie, maar dat ek nie kan Duits praat nie... (soms dink ek dat 'n sekere nasie net vir 'n oomblik moet ontspan en sien dat hul buorokrasie nie noodwendig sin maak nie... maar nietemin - ons probeer weer)
3. ek kan nie werk as ek tuis is nie - ekt nie 'n tafel nie... (ook nie internet nie... Pedro se hy het sowat 3 maande gewag tot hulle uiteindelik opdaag - 'n uur of twee laat...)
DUS
kom ek bou iets!
'n tafel natuurlik
'n trippie af Bauhaus toe (sowat 1.5 km vanaf woonstel) > terug met tafel pote & elektriese skroewedraaier (wat terloops soveel kos soos 'n handskroewedraaier) en 'n boorpunt) > terug na Bauhaus > terug na woonstel met 'n tafelblad onder die blad (of te wel oral op my lyf waar ek dit kan probeer dra - meestal op nek/rug... die blad is 2050 x 650 x 18 mm... en ek dink dis bedoel om 'n vloerbord te wees ;-) )
... wat 'n vreudge om iets te bou!!!
(en terloops - die skroewedraaier werk uitstekend!!!)
Comments
Post a Comment