die begin van 'n hardloop(baan)
So gedurende die week wat verby is, het ek begin met twee dinge - drie maar die derde het reeds begin voor die tyd.
1. skryf 'n review
2. kry broeke om weer groot te wees
3. raak fiks om 10 km binne 1h te draf.
ok so die review is goed aan die gang. het super heavy gewerk die week daaraan.
en gesonder geeet in die proses, en elke oggend gaan draf :-)
ten minste 10 min aan een gedraf.
nou soek ek 'n program om binne 3 weke van nou af 10 km te kan draf.
(en die review moet klaar wees teen 15 april) en 2kg ligter te wees teen 27 april.
dus die plan:
1. skryf lit oor gen en die therapeutics maandag oggend en middag. aand - skryf discussion oor biom.
2. eet slaai elke aand, pasta een keer die week, muesli ontbyt.
3. oef program moet ek nog kry. intussen draf ek maar "intervalle" van 6 min, en 1 min stap. vannaand 3 maal :-) Loppie?
ok vannaand het ek nou sommer begin.
het gaan draf na een van my gunsteling plekke in die park - daar waar mens die lama's sien. 27:31 min; max hr 187; ave hr 157; 382 kal; 73m alt; 5m asc
en btw - ek en Erica het vanoggend 'n entjie gaan fiets - ek met my rooi monster en sy met 'n baie cool bmc... (lang storie). in elkgeval, voor die tyd het die drama queen vir ons kos gemaak en ons het dit op die balkon van my (soos sy dit noem) kraaines geeet ;-)
en bbthw - dis nie so warm soos dit lyk nie... iets soos 8 grade C seker of so oor die middag...
Comments
Post a Comment