b Flat
een van die eerste uitstappies.
die maters van die vloer (dis hoe Frieda verwys na ons klomp wat daar werk) het my genooi saam met hulle om te gaan jazz luister. daar is honderde pubs/bars met tafeltjies en 'n stukkie erens waar 'n band speel hier in Berlyn. b-Flat is een daarvan - blykbaar 'n gewilde een en duur ook. behalwe op 'n woensdag aand. dan gratis blykbaar.
(Maura, Tarras, Laura, Kellen, Joerg - Erica is alweer laat...)
Hier is 'n paar kiekies. Ons het eers by Rosenthaler Platz 'n kebab (nee dis nie 'n sosatie nie, maar wel 'n stuk brood of pita brood waarin die turke 'n spul goed pak - die duitsters en turke stry nog oor wie dit ("doner kebab") uitgedink het...).
Comments
Post a Comment