Sondag saam met die Houthuys'e

Vandag Kerk en daarna met Erica en haar pa en ma gekuier. Heerlike dag!

So, Kerk is in 'n fliek teater te Potsdammer Platz - Cinemax.

Toe ek uit die kerk kom sien ek die spulletjie polizei... ek dog toe hulle is almal daar om my te soek wat voor kerk (ek was bietjie laat...) oor die pad gehol het toe die mannetjie rooi was...


'n Paar "cuts" van die Berlyn Muur wat nog oorgebly het vir toerisme doeleindes











Skuins agter die muus was 'n paar mense wat gereed begin maak vir 'n optog... soos dit vir my lyk iets met Egipte se drama te doen... :

Uit die Kerk gekom is ek na die Potsdammer Platz stasie en daar weer 'n beeld gesien binne een van die ingange (besonderse stasie by Potsdammer Platz) en hierdie keer lus gewees om dit te onthou ;-)



Na Kerk het ek vir Erica en haar ouers by Zoologiesche Garten Stasie gaan kry om bietjie te gaan rondstap. Ons het deur 'n deel van die stad - in vorige Wes-Berlyn - gestap en toe gaan "ontbyt" eet in 'n kafeetjie. Dit was heerlik en toe ons teen sowat 4 pm se kant klaar geeet is, stap ons toe bietjie deur Tiergarten en verby my "moontlike nuwe huis" (waarna ek en Erica gaan kyk die volgende dag) wat in die park gelee is. Ons het nogal lank en ver gestap, 'n veltie vir die grootmense en toe uiteindelik by Brandenburger Tor gekom en paar foto's geneem.

Vanaf Brandenburger Tor na Friedrichstrasse waar ons by Zucker en Zmint of wat ook al die plek se naam is 'n teetjie gaan drink het. Dit nadat ons 'n foto'tjie geneem het van die Houthuyse op die brug by Friedrichstrasse oor die Spree.


dit het lank geneem om regtig foto's te WIL neem hier - was maar groue begin maar uiteindelik raak ek lus vir uitstappies en veral lief vir mense om my. hier is 'n paar

Comments

Popular Posts