24 Januarie 2011 Cape Town in Berlyn




And Smile!


Frieda (van Kameroen) is eintlik die een aan wie ons die uitstappie te danke het - soos altyd het sy iets great georganize - op haar mooi manier waarop jy weet nee is nie 'n opsie nie ;-)
Kellen ('n baie aangename meisie van Brasilie) het ook sommer vinning onder my vel ingekruip - sy zip selfs my baadjie vir my toe as ek nie kan nie :-) Haar Potjiekos hier was natuurlik 'n hit - meer so agv die potjie waarvan sy meer hou as die kos self... ons sal vir haar enetjie moet bring uit SA.
Laura ('n Italianer van wie ek baie hou - ons beplan om 'n bietjie werk saam te doen) weet nie lekker hoe om te "pose" nie ;-) - well haar "Durban Curry" smile heel breed!

Caroline, you've missed out on Savanna!!!



Hierdie perd is die eienaar van Cape Town en het vir Frieda haar Flaming Springbok gebring - hier op die foto' lyk dit nie so indrukwekkend nie, maar dit het al vlammende na haar toe aangekom ;-)

Jeroen en sy "African Stew" (ek dink). Jeroen is 'n Hollander wat al vir 'n paar (3 ek dink) jaar hier in Berlyn werk by MPIIB. Hy is ook my senior in die projek wat ek doen en ons beplan om saam te speel op 'n ekstra projek.

Liewe Laura het 'n pakkie mooi plantjies vir my as geskenk gegee - hier is twee daarvan:

Comments

Popular Posts