'n eland, Viva en 'n lekke ding in die middel

"Ek stem saam met enigiets, VIVA!" - Alas Johnny se gemoedelike stemming teen sowat 9pm. Maar kom ons gaan kyk eers wat die stemming bepaal het.

In die week wat verby is, noem die Klue's van 'n sportaangeleentheid wat hul tyd in beslag neem Saterdag. Hoe dit werk: Mens verruil kodes op 'n plastiekkaart, gaan na Shoperite en verskeie dae later loop die kortgemaakte lang storie uit op 'n kuier, etery en skreeuery. (Nee wie't gese hier's drank by betrokke?)

Nietemin Kalbas en sy familie is in die Kaap vir die naweek, en ons kry mekaar almal by ... *ek kan sowaar nie daai adres onthou nie*... in Tableview. Vandaar na 'n vol parkeerarea te Nuweland met gepaardgaande peanut-gallary-toergid(t)s-radiogolwe en 'n tjoef-tjaf laer word getrek.






Op die koop toe is een van die waens (dis nou die soort wat met perdekrag ipv perde oftewel osse getrek word) volgelaai met 'n eland se rou spiere wat in derms vesteek is. 'n Paar biere, lemoenskille en kaas later, draai Kalbas en Johnny vir ons 'n slepie van die betrokke eland in die rondte en om. Lieflik!!!


Voorts (en voorwaarts mars) is ons soos die res van die aarde se inwoners het dit gevoel, na 'n stadion, onderdeur 'n treinspoor (met die doel dat ons weer daaronder kan terugkom, terwille van Dot), anderkant uit en teen trappe op en op en op en ... toe 'n paar klein trappies net nog en sit ons lekker en kyk uit na 'n stukke veld wat enige dorperlam sal laat beserk gaan. Selfs in virtuele kampe opgedeel - seker 'n rantsoen-saak. Dog snaaks vind ek dat sommige van die kampdrade openinge het - dis nou die wat in die lengte afloop.

Groot was my verbasing dat dit nie 'n paar dom skape is wat uitgedraf kom nie... egter mans. Eers net een.
Hy het so rukkie rondgekyk, en blykbaar ingenome genoeg gewees met homself of die veld - ek kon nie uitmaak nie, en toe stroom die anders uit. ...ek het so 'n spesmaas hy is spesiaal - of ten minste vir daardie oomblik gewees.
Dis nou hier waar die geskree inkom, en ek sal maar swyg oor wat nou eintlik gebeur het die daaropvolgende sowat 100 minute. Nie omdat daar iets is om weggesteek te word nie, net omdat ek nie altyd geweet het wat nou eintlik gebeur nie.
Wat ek wel kan noem: by 'n verskeidenheid van oomblikke waar ons almal still gesit het, en die mannetjie hier onder vir 'n oomblik (of langer) stilgestaan het. En dan die bal tussen die pale (goed, toegegee: soms) deur geskop het.














Hier druk iemand 'n drie (of te wel 'n vyf soos party dit noem). So much vir in the "limelight"... Hoe gan die storie nou weer van die mot en lig?











Lekker kyk ons darem nou rugby, Dut - aga ek meen, Dot?








On the other "hand" - Die Nel's lyk heel opgewonde oor verwikkelinge op die baan... well party van hulle... die keppie in die middel se hart is egter swaar as jy verby die hartseer glimlag en sonbril kan kyk...



Oor die wedstryd sal ek my dus nie uitlaat nie - soos ek verstaan, in hierdie speletjie, gaan dit oor wen of verloor. Well, dokumentasie hieronder help dalk om sake uit te klaar... maar moet nie niksvermoedend by die tweede prentjie stop nie.... mens weet seker dan nooit wat om die volgende draai of sekondes verskuild le nie...



Nietemin - die wedstryd was baie lekker om te kyk, al was dit nou net om vir Johnny in die gemoedstemming te kry waar hy sal saamstem met enigiets. Of te wel 'n foto'tjie soos die te neem.

Ons is toe weer terug na *daai adres* toe waar The Man hier in aksie se VIVA hom kos om die kos te braai (nd?)


En 'n "ou lasagne'tjie" daarmee saam - later l^e ek sommer ook daar by daai adres tot armman se baadtjie oor die winderige boomtoppies loer.




Soos altyd, 'n besonders lekker kuiertjie - dankie julle!

Comments

Popular Posts