Dottie se ou boontjieslaaitjie...
...aga ek bedoel haar uitdieduimsuiglemoenskilkrullegeglasuur.
... well so ek nag toe die enigste Gordon Blue chef wat ek ken om 'n protocol op te stel hoe mens die goetertjies kan maak...
so met alle kennis in pag, skryf Dottie toe vir my 'n reseppie neer en ek suiker af winkel toe en laai 'n vraggie suiker in die mandjie. En hier gaat ons:

eers skil jy die lemoen fyn af en rol dit op en ryg dit dan in gare met 'n naald. Gelukkig vir Ouma se naaldwerk mandjie anders het ek tot nou toe nog nie die goete ingeryg gehad nie. En Dot het gese ek kan nie baaltou gebuik vir die doel nie...
Die gaat dan na 'n pot met koue water in. Vinnig vinnig kook dit en dan gooi mense die water af en gooi weer van nuuts af koue water op.
Na wat soos 'n ewigheid voel, daal daar 'n illusie van "sagte" skille neer en dis dan wat mens dit in die volgende pot gooi: die een met stoop in. Stoop bestaan uit 'n koppie wit suiker, 200 ml water en suurlemoensap - ek dink so 20 ml... Die is dan om te keer dat die spulletjie sandsuiker soos dit vir my klink.
Na nog 'n (korter) ewigheid raak die krulletjies glaserig in die stroop.

So gister middag oppad huistoe het een of ander omroeper op RSG geklets en iets genoem van lemoenskil krulletjie goete - iets wat geglasier is. En wat my oor gevang het was dat Navels blykbaar 'n goeie roep is om die betrokke storietjie te maak... ...en met 'n sakkie vol Navels wat my Pappie vir my ingepak het Maandagoggend, meen ek mos ek moet maar die kans aangryp...
... well so ek nag toe die enigste Gordon Blue chef wat ek ken om 'n protocol op te stel hoe mens die goetertjies kan maak...
so met alle kennis in pag, skryf Dottie toe vir my 'n reseppie neer en ek suiker af winkel toe en laai 'n vraggie suiker in die mandjie. En hier gaat ons:
eers skil jy die lemoen fyn af en rol dit op en ryg dit dan in gare met 'n naald. Gelukkig vir Ouma se naaldwerk mandjie anders het ek tot nou toe nog nie die goete ingeryg gehad nie. En Dot het gese ek kan nie baaltou gebuik vir die doel nie...
....wat mens nou nie noodwendig weet as jy nie 'n opgeleide GB chef is nie... is dat dit sommer gou gou gebeur dat die stropie 'n candy word....
Toe ek die pot probeer "uitskink" in die glaspotjie (wat soos 'n goeie molekulere bioloog behaag eers mooi gesteriliseer is) het dit heel gaaf gevorder siende ons by 'n redelike ho:e temperatuur opereer het... maar o wee, toe die pot effe afkoel was dit 'n ander storie: die candy het natuurlik gesit soos net candy can. Nodeloos om die verligting te noem toe die pot uiteindelik (met kookwater oa) skoon is soos hier toon :-D
en lekker hoor! oa as dit gepaard gaan met toast en nutella!!!!
sterk aan te beveel
(btw hoor ek toe na die tyd dit was Valencia's wat in die sakkie was - nie Navels nie.... :-P )
Sjoe! Dit is omrent 'n "master piece"! Ek sal nog so paar jaartjies moet oefen voor ek die tameletjie regkry!
ReplyDelete