* *

Eerstens, ek kan nie op 'n paslike titel afkom om die lekker kuiertjie te beskryf gister en vandag: Oom Niekie en sy "baas" het 'n kaapse draai kom maak - bierpense en al.
Ons het sit en kindergesangetjies maak op die stoep terwyl die son ondergaan. Daarna skenkels ens. ge-eet, die afstand vanaf swembad na lang-muur gaan meet (wie was natuulik reg?) en gaan kyk hoe lyk dit bo-op die dak. Die geklets het aangehou - ai ek kan amper nie genoeg nonsens hoor/praat nie, maar ons het tog wel uiteindelik des nie teenstaande tot rus gekom...

...om vanogged die geklets/skerts voort te sit - tot onder by oom Daantjie in die kallerhok - of te wel dan Wimpbar vir ontbyt. En daarna is die bokwa voort; ek t**** toe.

Dankie vir die (soos altyd) lekker kuiertjie. - Ons hoop Tannie Jenny is gou weer op die been dat ons haar kan kwaadmaak ;-P

ps - Adele, as jy die lees - jou Pa het heeltyd na jou foto op die yskas gestaar en selfs later uit sy eie erken hy mis jou darem vreeslik ;-)

Comments

Popular Posts