HH(H)
Na vele kere se opsies, is daar uiteindelik 'n langnaweek wanneer Annie werk en ek hier rond kan wees. Tegelykertyd.
Dus is ons gesuit en getie op hospitaal toe. Dis nou Helderberg Hospitaal. Vir die loop van die volgende 3 dae is ek 'n stertjie. 'n Lang regop een. Met 'n paar o:e.
Ons begin met hospitaalrondtes - lekker vir my om actually die TB pasiente raak te loop en te sien hoe hulle medikasie (nie noodwendig TB medikasie) ge-juggle word met ander kwale se medikasie. Laat mens nogal dink aan die hele "sistemiese medikasie" effek. Veral omdat ons ook nou in molekulere biologie meer beweeg in die rigting van "sytematics biology".
Vrydag is daar niks op die teaterlys vir ons nie so ons is huistoe, maar op hier die "braaidag" het ek maar die ander se braaiery gemis en vroeg gaan inkruip om soveel moontlik van my ou verkouetjie af te skud.
Saterdag, na saalrondtes, is daar wel 'n teater uitstappie en my eerste maal in die plek waar soveel stories van my Moedertjie gebore is, maak ek toe vir die eerste keer 'n "operasie" mee. -'n BAIE interessante plek en opwindend en beslis in my beperkte oogpunt die plek waar ek sou wou werk as ek in die business was. Die aand se kant is ons weer huistoe om een of ander tyd die aand later /nag geroep te word vir 'n noodkeisersnee.
Sondagoggend saalrondtes sonder enige teater voorvalle. En toe huistoe vir 'n lekker slapie.
Baie dankie aan die geduldige staff van HH dat ek kon leer wat ek wou leer... ;-)
Annie, Susan en Wendy in foto's
Comments
Post a Comment