good read

In vanoggend se stiltetyd het ek het hierdie gelees - en wil dit graag onthou:


"dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe..." (1 Tess 4:3)

Die kant van die dood. In heiligmaking is dit nodig dat God met ons handel aan die kant van die dood sowel as die kant van die lewe. Heiligmaking vereis dat ons by die plek van ons eie dood gebring moet word, maar baie van ons bestee soveel tyd daar dat ons morbied raak. Daar vind altyd 'n geweldige stryd plaas voordat heiligmaking 'n werklikheid word - iets in ons veg met weerstand teen die eis van Christus. Die oomblik wanneer die Heilige Gees begin om ons te wys wat heiligmaking beteken, begin die stryd onmiddellik. Jesus het gese^: "As iemand na My toe kom kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen ... van sy eie lewe" - Lukas 14:26.

In die proses van heiligmaking sal die Heilige Gees my stroop totdat daar niks oor is nie, behalwe net ekself, en dit is die plek van die dood. Is ek gewillig om net myself te wees en niks meer nie? Is ek bereid om geen vriende te he nie, geen vader of moeder, geen eiebelang nie - om net gereed te wees om te sterf? Dit is die toestand wat nodig is vir heiligmading. Geen wonder dat Jesus gese het: "...Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard"-Matt. 10:34. Dit is waar die stryd begin en dit is waar soveel van ons huiwer. Ons weier om by hierdie punt met die dood van Jesus Christus vereenselwig te word. Ons se: "Dit is so erg. Ek is seker dat Hy dit nie van my verwag nie." ...

Is ek gewillig om myself te laat minder word todat selgs "ek" oorbly? Is ek vasbeslote genoeg dat ek myself sal stroop van alles wat my vriende van my dink, en alles wat ek van myself dink? Is ek gewillig om my eie, eenvoudige, naakte "self" aan God te oorhandig? Die oomblik dat ek is, sal Hy my onmiddellik volkome heilig en sal my lewe vry wees daarvn om vasbeslote en volhardend te wees ten opsigte van enigiets behalwe God (vgl 1 Tess 5: 23-24).

('n foto'tjie van 'n paar vissers in Mozambiek die eerste dag toe ons daar aangekom het - geneem vanuit die waterfront in Maputo)

Comments

Popular Posts