Fam-time

ons het 'n besonderse lekker naweek geniet:

CuzAlaska se laaste naweek in die Kaap. Well, as INWONER van die Kaap.

Vrydag aand, begrawe onder 'n heuweltjie van die lekkerste biltong, kuier ons lekker met 'n glasie port en pizza (dis Vrydag, wat anders).

Saterdag oggend deur Kaap toe om die "laaste goedtjies te pak" en die twee cuzzies op te pik. Dis so lekker om 'n slag vir Marz ook in die rondte te he!!!

Saterdag aand na 'n vingerete in die Strand is ons gesoet en getaai deur Kaap toe om in 'n club te gaan boude swaai. En was dit nie lekker nie!!! Marizanne en ek was veronderstel om die partytjie te reel... op die ou-end was ons die gaste. Maar iedergeval, was dit baie baie lekker! Wat sou ek doen sonder my CuzAlaska wat poog om my jonk te hou ;-)


Terug (nadat ons ge-bat is vir koffien in Obz) in die Strand het ons lekker geknubbel, Tannie Jenny weer op, en 'n koffetjie later is ons in die bed...
...net om die volgende oggend op te staan, rond te le en nonsens praat, en weer te suit en tie vir die Mount Nelson. Time for High Tea. Ek was soooo bly dat ek ook nog kon saamgaan - te dankie aan die Esterhuyse-betyds-geit! (Dankie Tannie J!)


Oppad terug het ons 'n baie mooi sonsondergang gaan bekyk vanaf Gordonsbaai. En natuurlik gestop vir 'n boek of twee(honderd).




Comments

Popular Posts